Mirtagtiges

Mirtagtiges
Punica granatum
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Myrtales
Families

Die Mirtagtiges (orde Myrtales of Myrtiflorae) word in sewentien families ingedeel. Die meeste soorte kom in die trope en die subtrope voor, maar die orde as geheel het 'n wêreldwye verspreiding. Sommige plante wat tot die orde behoort, het oliekliere op hul blare wat as klein kolletjies sigbaar is. Die blomme, wat soms baie aromaties is, het dikwels ’n vierledige kroon en 'n groot hoeveelheid meeldrade wat in twee kranse gerangskik is. Bekende soorte is die bloekombome (genus Eucalyptus), die mirt (Myrtus communis) en die granaat (Punica granatum).

Die Mirtagtiges (orde Myrtales of Myrtiflorae) is 'n groep plante van baie uiteenlopende aard. Plantkundiges verskil in hulle benadering ten opsigte van klassifikasie, maar volgens 'n onlangse klassifikasie word die Myrtales in sewentien families verdeel, waarvan elf in Suid-Afrika voorkom. Verteenwoordigers van die meer as 400 genera en byna 10 000 spesies van die orde word wêreldwyd aangetref.

Die meeste soorte is houtagtig: vier families sluit sowel kruidagtiges as houtagtige plante in, en drie families bestaan slegs uit kruide. Die orde is vernoem na die mirt (Myrtus communis), ’n struik met groot wit blomme, leeragtige blare en oliekliere op die blare wat in die Mediterreense gebied aangetref word. Die vernaamste kenmerk van die orde is dat die blombodem die vorm van 'n kelkbuis (hipantium) aanneem, waarvan die lengte varieer en wat gedeeltelik of volledig met die vrugbeginsel vergroei kan wees.

Die meeste spesies het kruisgewys teenoorstaande blare, simmetriese blomme met vier of soms vyf kroonblare, 'n Groot aantal meeldrade en 'n styl met meer as een stempel. Bestuiwing vind meestal plaas deur middel van insekte, veral bye en skoenlappers, maar sommige plante, veral in die dorpe, is volkome van voëls afhanklik vir bestuiwing. Die Melastomataceae (die grootste familie), die Myrtaceae, die Rhizophoraceae, die Sonneratiaceae, die Punicaceae, die Lecythidaceae en die Combretaceae is almal uitsluitlik tropies of subtropies, terwyl verteenwoordigers van die ander families ook in die kouer wêrelddele voorkom. Die familie Penaeaceae is tot Suid-Afrika beperk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search